REFERENCES

(All of them have family or friends staying with us)

Dawie Grobbelaar : 012 - 567 4427 of 082 824 8186
Rankie Plath : 012 - 333 6519 of 082 821 3014
Poppie Marais : 082 451 4178
Lizette Vosloo : 082 338 0003
Anita Nel : 082 6006 729
-----------------------------------------------------------------------
 
Hi Lienie en die staf van Blymoedig

Vir iemand wat 'n Alzheimer pasiënt al vir jare self versorg, is julle 'n fantastiese uitkoms. Ek versorg my ma nou al vir 24 jaar, waarvan die laaste 12 jaar baie moeilik geword het. Sy is met Alzheimers gediagnoseer en die versorging word baie meer intensief.

Vandat sy siek geword het tot nou toe sien ek die agteruitgang weekliks vererger. My ma was altyd 'n pragtige, statige dame wie se hare altyd haar trots was. Sy het al haar klere self gemaak en nooit sonder sykouse en hoëhak skoene uit die huis gegaan nie.  Sy kan nou net pantoffels dra en kan nie eens haar voete hoog optel nie.  Sy slof nou rond in die huis.  Om haar versorging vir myself makliker te maak, dra sy nou sweetpakbroeke en truie, omdat sy so maklik koud kry. Sy weet nie meer dat sy toilet toe moet gaan nie, dus moet ek haar gereëld daarheen neem, anders kry ons glipse op die vloer of stoel waar sy sit.

Sy was altyd baie besig met naaldwerk, het die mooiste ingewikkelde truie gebrei, maar nou kan sy nie eers meer breinaalde vashou nie.  Sy verstaan nie eers meer wat om met knopies te doen nie.

Sy kon die mees ingewikkelde naaldwerkpatrone uitwerk en die mooiste naaldwerk en trourokke maak.  Nou verstaan sy nie wat 'n Burda patroon is nie. Sy was 'n kleuterskoolonderwyseres wat kleuters besig gehou het met prentjies teken en inkleur. Nou kleur sy self inkleurboeke in, as sy onthou wat om met die inkleurkryt te doen.  Ek het vir haar 'n plastiese houer vol "speelgoed" gemaak. Daar is knopies linte en strikkies in en lappies wat sy kan opvou.  Sy rol die linte op en sit knopies in 'n bakkie.  Dit is wat sy die hele dag doen, want sy het geen benul meer van tyd of plek nie.  Soms onthou sy wat om met die gewaste skottelgoed te doen.  Dan help sy om dit af te droog.  Die wegpak is 'n probleem, want sy weet nie waar om dit te bêre nie. Sy was altyd baie lief vir lees.  Sy kan nou net tydskrifte lees en die prentjies uitskeur. Sy kan lees, maar verstaan nie die woorde meer nie.  Haar taalgebruik is vreeslik moeilik om teverstaan:  Sy gebruik woorde wat geen betekenis het nie en maak sinne wat onverstaanbaar is.

Soms lag sy vir haarself, maar meestal verstaan sy nie dat ek nie weet wat sy probeer sê nie. In die begin het dit haar vreeslik ontstel en gefrustreer.  Nou besef sy nie eers dat ek net ja of nee sê.  Dit is baie erg om dit mee te maak.  My ma het die mooiste engelstem gehad.  Sy het vir 35 jaar in die Bach Koor gesing. In die huis was haar stem byna nooit stil nie.  Sy was mal oor psalms en het heeldag kliphard gesing.  Nou kan sy nie eers die woorde van haar geliefkoosde liedere onthou nie.  As daar 'n radio speel of cd speel of die TV is aan, is sy  baie geraas bewus. Sy fluister ook meestal en geraas maak haar vreeslik ontsteld. Dit veroorsaak ook spanning in die huis en tussen die huismense, want ons word gereëld die swye opgelê.  Ons moet saggies met mekaar praat en geen musiek speel nie.  Dit raak baie moeilik om positief te bly.  My getroude kind bly in 'n woonstel wat aan die huis vas is. My ongetroude seun woon ook nog in die huis.  Ons is almal al gewoond aan Ouma in die huis, maar dit raak baie moeilik met haar daar. Sy trek gereëld al haar klere uit en loop dan die huis vol in haar Evasgewaad.  Nie 'n baie mooi gesig vir 'n 24 jarige jongman nie!

Ek het 3 broers. Nie een van hulle wil my finansieël help om ons ma in 'n kliniek te laat opneem nie. Haar versorging is vierkantig op my skouers.  Ek doen dit met baie liefde en sorg.  Soms word dit baie erg vir my, want my ganse lewe draai om my ma se versorging. Daarom is ek so dankbaar vir Blymoedig kliniek.  Hier kan ek my ma met volle vrymoedigheid vir 'n kort rukkie plaas en weet sy word uitstekend versorg.  Ek hoef glad nie bekommerd te wees dat daar iets vreesliks met haar gaan gebeur nie, want die personeel versorg die pasiënte met sorg en liefde.  Dit is mense met 'n passie vir hul werk.  Mense vir wie dit 'n roeping eerder as 'n plig is om ander te versorg wat niks meer vir hulself kan doen nie.  Die omgeweing is asemrowend mooi Bosveld. Van die senior staf wat tannie Lina Enslin (reeds self gevorder in jare) insluit, tot die kombuis werkers, Suster in beheer, junior versorgsters, wasgoed personeel en skoonmaak personeel, tuinversorgers, almal wil ek hartlik bedank vir die feit dat julle soveel toewyding in jul werk wys. Dankie dat my ma altyd welkom by julle is.  Dankie dat ons gewone siele mag weet ons geliefdes is veilig in julle bekwame hande.

Alzheimerpasiënte het gespesialiseerde versorging nodig.  Hulle word sommer vir enige iets kwaad, sonder dat hulle self weet hoekom.  Dit is baie verwarrend vir die versorgers!  Julle is ENGELE! Gestuur deur die Vader self.  Dankie vir julle wonderlike werk. Mag God julle seën in oormaat.

Baie liefde, Plant Steyn, Alzheimer pasiënt versorger.
 
INA KOOIMAN SE VAKANSIE BY BLYMOEDIG
 
Hi Lienie!

Ouma is weer veilig tuis in haar nuwe kamer en sy mis julle!  Ek kom agter elke keer as sy by julle gekuier het, moet ek haar ook by die hand vat en haar toilet toe vat of met haar gaan stap.Ek het ongelukkig nie daarvoor altyd tyd nie!  Julle bederf die pasiente vreeslik! Dan verwag sy van my dieselfde bederfies!  Nee a! Sy het twee gesonde voete om mee te loop, sy kan self!

Ek wil julle vreeslik baie bedank.  Dit is 'n vreeslike groot werk om iemand met Alzheimer op te pas.

Julle het 'n huis vol! Ek het net een oumens!  My hoed waai vir julle af hoor, ek dink julle doen 'n fantastiese werk sonder veel erkenning of dankbaarheid.  Weet net dat, sonder julle, sou ek NOOIT 'n af tydjie kon hê nie. Ek sou vasgekluister bly aan die huis en nooit iewers gaan asem skep nie.  Ek waardeer jul werk baie.  Ek weet daar is baie personeel en volunteers wat help, maar vir die bestuur bly dit 'n groot verantwoordelikheid.  Dis mense se lewens in julle hande.  Dis 'n groot voorreg om julle te mag ken en op jul knoppie te mag druk.

Ek bid dat die Here se seën oorvloedig oor julle mag spoel.  Mag jul werk voorspoedig wees.  Baie dankie vir jul liefde en toewyding.  Dit word opreg waardeer.

Liefde, Plant
 
Ministers from the local congregation
 
Gereformeerde Kerk : Ds Ben Fourie : (012) 808-0653
NG Kerk : Ds Chris Malan : (012) 808-0711

Dear Sister Enslin and colleagues

The People to People Geriatrics delegation lead by James Webster have completed their mission to South Africa and returned to the States.

The delegation was highly complimentary of their meetings and was eager to point out many issues that had been raised for them in relation to their particular areas of work.

Prof Webster’s feedback noted it as an “a very very impressive facility. They are showing how to do a superb job without hi tech resources. I would be remiss if I did not point out that this was a real lesson for us.”

Further remarks from delegates indicated a great appreciation for the time spent with them. They felt that they were able contribute greatly to the meeting.

The overall impression that we got from their feedback was that the time spent with various role players in their profession was highly beneficial and brought to light the contrasts and potential, the difficulties and achievements that we face as professionals in South Africa.

It is reassuring to know that through stimulating and challenging encounters they were able to draw several interesting comparisons between the USA and South Africa.

It is a pleasure for us to have professionals such as yourself make such excellent contributions to our programs and trust that the exchange bears good fruit, tangible or intangible, in the future.

Thank you for the role you played in their mission. People to People truly appreciates the time, effort and interest you took to facilitate and participate in the meeting.

Please extend our gratitude to any of your colleagues for participating in this successful meeting.

Kind regards

Adele Botha
Programme Development Manager

Copyright 2013 by Bly Moedig   Terms Of Use  Privacy Statement 
    Login
Red Cactus